George IV van die Verenigde Koninkryk

George IV
Koning van die Verenigde Koninkryk en Hannover
George IV, ’n skildery deur sir Thomas Lawrence (1822).
George IV, ’n skildery deur sir Thomas Lawrence (1822).
Vorstehuis Hannover
Titel Koning van die Verenigde Koninkryk
Regeer 29 Januarie 182026 Junie 1830
Gekroon 19 Julie 1821
Voorganger George III
Opvolger William IV
Ander titels SM die Koning
SKH die Prins-regent
SKH die Prins van Wallis
SKH die Hertog van Cornwallis
Volle naam George Augustus Frederick
Gebore 12 Augustus 1762, St. James-paleis, Londen
Oorlede 26 Junie 1830, Windsor-kasteel, Berkshire
Begrawe St. George-kapel by Windsor-kasteel, Berkshire
Eggenote Caroline van Brunswyk
Kinders Prinses Charlotte Augusta van Wallis
Vader George III
Moeder Charlotte van Mecklenburg-Strelitz

George IV (George Augustus Frederick; 12 Augustus 176226 Junie 1830) was koning van die Verenigde Koninkryk en Hannover van 29 Januarie 1820 tot met sy dood. Hy was vroeër die prins-regent toe sy pa, George III, siek was aan vermoedelik porfirie.[1] Sy nege jaar lange bewind as regent, van 1811 tot met George III se dood in 1820, is gekenmerk deur die oorwinning in die Napoleontiese Oorloë in Europa.

George was ’n hardkoppige monarg wat dikwels in die politiek ingemeng het, veral in die Katolieke emansipasie, maar nie so erg soos sy pa nie. Vir die grootste deel van sy bewind het lord Liverpool die regering gelei as premier.

George word veral onthou vir die buitensporige leefstyl wat hy as prins en koning gehandhaaf het. Teen 1797 het hy 111 kg (245 lb)[2] geweeg en teen 1824 het sy korset ’n middellyf van 127 cm (50 dm.) gehad.[3] Hy het nie met sy pa of sy vrou, Caroline van Brunswyk, klaargekom nie en het laasgenoemde selfs verbied om sy kroning by te woon. Hy het nuwe vorms van vermaak, styl en smaak aangehang. Hy het die Royal Pavilion in Brighton laat bou, Buckingham-paleis laat verander en Windsor-kasteel laat herbou. Hy het ’n belangrike rol gespeel in die stigting van die National Gallery en King's College in Londen.

  1. Macalpine, Ida; Hunter, Richard (1966). "'The 'insanity' of King George III: a classic case of porphyria". Brit. Med. J. 1: 65–71.
  2. De-la-Noy, p.43
  3. Parissien, p.171

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search